Offbeat
Weird Wide Web - Klimaatsverandering maak 'zombievirusse' wakker─── 15:14 Mon, 07 Aug 2023

Soos klimaatsverandering vinniger toeneem ontdek wetenskaplikes 'zombievirusse' in die smeltende poolgebiede. Dit beteken wel nie die 'zombie-apokalips' is hier nie.
Virusse wat in die Siberiese permafrost gevind word, is zombievirusse genoem omdat hulle dormant was. Permafrost is die permanent bevrore laag grond wat selfs nie in die somer veronderstel is om te ontvries nie. Wetenskaplikes het tot dusver 13 virusse uit hul ysige slaap ontwaak.
Al ooit gewonder hoe ’n 48 500 jaar oue virus lyk? Ontmoet Pandoravirus yedoma die oudste virus wat ontwaak het. Wetenskaplikes het die virus in 2022 onder ’n ysmeer in Siberië gevind. Pandoravirusse is die grootste virusse wat bekend is, met ’n supergrootte DNS wat tot 2 500 gene bevat (in vergelyking met net tien gene in baie virusse). Pandoravirus yedome het vinnig wakker geword toe dit aan ’n eensellige organisme bekendgestel is. Hy dit binne ’n paar minute besmet.
Lees ook: Former OFM radio presenter makes his appearance in 'Hartklop'
In 2000 het navorsers die Pithovirus sibericum in die permafrost van Kolima, Rusland, gevind. Met ongeveer 1,5 mikrometer(1 000 keer kleiner as ’n millimeter) lank, kan dit klein klink. In die wêreld van virusse is Pithovirus sibericum baie groot. Nadat wetenskaplikes die 30 000 jaar oue virus gevind het, het hulle dit aan sommige amoebes bekendgestel en die virus het weer lewendig geword. Die virusse kan nie mense en diere besmet nie.
Wetenskaplikes was baie opgewonde, omdat hulle die eerste keer ’n virus gesien het wat so lank aansteeklik gebly het. Mollivirus sibericum, wat op dieselfde tyd as die Pithovirus sibericum ontdek is, is 'n baie kleiner virus, maar sodra hy ’n amoebe aanval kan hy 200 tot 300 virale deeltjies produseer. Weer eens wetenskaplikes sê daar is geen rede tot kommer nie, maar hulle stel meer belang in wat nog in Siberië skuil.
Lees meer: https://www.ripleys.com/weird-news/zombie-viruses/