Offbeat
Weird Wide Web - 'Bennie Boekwurm maak hom tuis in vrou se brein'─── 15:13 Wed, 30 Aug 2023

’n Vrou voel nou beter nadat ’n wurm van 8 cm uit haar brein verwyder is.
Die 64-jarige vrou wat in Nieu-Suid-Wallis in Australië woon is in Januarie 2021 ná drie weke van maagpyn, diarree, ’n droë hoes en nagsweet in die hospitaal opgeneem. Maar daar kon nie vasgestel word wat dit veroorsaak nie.Teen 2022 het sy depressief en vergeetagtig geraak en is sy na ’n hospitaal in Canberra verwys.
’n MRI-skandering het getoon dat daar ’n parasitiese rondewurm in haar brein is. Dokters het die wurm van 8 cm lank in ’n operasie verwyder.
Lees ook: Weird Wide Web - 'Baie dankie vir jou stoep'
Dr. Hari Priya Bandi, neurochirurg, het aan Sky News gesê dit was aanvanklik ’n raaisel toe die vrou se geval aan haar span voorgelê is. “Dit was beslis anders as wat in handboeke oor parasiete in die brein geskryf word want dit het beweeg en was lewendig.”
Lees ook: Casual Day 2023: ‘Share a smile’ with those faced with disabilities
Dit is geïdentifiseer as ’n Ophidascaris robertsi nematode en leef gewoonlik in die spysverteringskanaal van luislange wat inheems is aan Nieu-Suid-Wallis. Daar word vermoed die vrou het die wurm se eiers ingekry toe sy eetbare grasse geëet het wat met die ontlasting van slange besmet was. Nadat die eiers in haar liggaam uitgebroei het, het dit na haar brein beweeg.
In opvolgbesoeke is gevind dat daar nie nog wurms in haar liggaam is nie. En die wurm... wel hy is deur navorsers opgesny om sy genetika te bepaal.