On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Hoekom is woord in NSYNC-liedjie verander?

───   15:15 Mon, 25 Sep 2023

Weird Wide Web - Hoekom is woord in  NSYNC-liedjie verander?  | News Article
Uitstalbeeldkrediet: unilad.com/music

Al ooit gewonder hoekom sommige sangers blykbaar hul eie eienaardige manier het om woorde in hul liedjies uit te spreek?

Justin Timberlake is een van die bekendes wat destyds besluit het om ’n woord anders uit te spreek in NSYNC se 2000-treffer, 'It's Gonna Be Me'.


Nou 20 jaar later het Timberlake besluit om te verduidelik hoekom hy “may” in plaas van “I” gesing het. Hy, Chris Kirkpatrick, JC Chasez, Lance Bass en Joey Fatone was die lede van die bekende popgroep. Die liedjie het vanweë dié uitspraak later ’n meme geword om die oorgang in Mei van lente na somer in Amerika aan te dui.

Timberlake het alles onthul in ’n episode van Hot Ones with Sean Evans, wat op 21 September op YouTube uitgereik is.  In die episode huil die  akteur van Friends with Benefits terwyl Evans vra of dit feit of fiksie is dat een van die liedjie se vervaardigers Timberlake aangeraai het om 'n bietjie ekstra klem op die woord te plaas. Timberlake het bevestig dit was wel die geval.

“Ek kan nie al die besonderhede onthou nie, maar ek het gesing 'That'll be me’.
“Die vervaardiger het geskree, nee, nee, nee en my opdrag gegee om te sing MAY.

Chasez het daarop gewys dat die liedjieskrywers met ’n Sweedse aksent gepraat het. Die liedjie is geskryf deur Andreas Carlsson, Max Martin en Rami Yacoub. Timberlake sê hulle was goeie skrywers gewees as mense ná 20 jaar steeds oor die spesifieke liedjie praat.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.