On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man, eekhoring soek asiel in Amerika

───   15:15 Wed, 27 Sep 2023

Weird Wide Web – Man, eekhoring soek asiel in Amerika  | News Article
Foto: news.sky.com/story

“Daar is ’n hegte band tussen hom en die eekhoring. Hy het besluit om Niko eerder saam met hom te neem as om hom by familie in Venezuela te los.”

’n Man en sy troeteldier-eekhoring wat uit Venezuela gevlug het se paaie sal moontlik nou moet skei. Niko, die eekhoring, het die reis van byna 5 000 km saam met sy eienaar, Yeison, van Venezuela na Matamoros in Mexiko afgelê.  Dit is egter hier waar hulle totsiens sal moet sê want dit is onwaarskynlik dat die eekhoring in Amerika toegelaat sal word.

Yeison (23) sê hy sal baie hartseer wees as hy Niko moet agterlaat. Die eekhoring het die uitmergelende reis in sy rugsak in ’n gebreide mus meegemaak. Yeison wil nie sy van bekendmaak nie weens kommer oor sy gesin se veiligheid in Venezuela. Migrante wat uit die land vlug as gevolg van politieke en ekonomiese struikelblokke kan gewoonlik net ’n paar goed saam met hulle neem.

Lees ook: 7de Laan: Aanhangers beplan vreedsame betoging by SAUK-hoofkantoor

Yeison se reis was deur die gevaarlike oerwoud Darien Gap waar hy die liggaam van ’n man onder ’n paar komberse gekry het. Niko is versteek in die rugsak gewees op busse en by kontrolepunte. Toe een van die busbestuurders vir Niko sien het Yeison sy selfoon vir $35 aan hom verkoop sodat die eekhoring kon saam ry.

Hy moes ses maande wag voordat hy om asiel kon aansoek doen. Hulle bly saam in ’n tent in Matamoros wat oorkant Brownsville in die Amerikaanse deelstaat Texas is. Hy oorleef deur mense se hare by sy tent te sny.

Gladys Canas, direkteur van ’n nieregeringsorganisasie, sê sy het al een keer ander migrante met troeteldiere – katte, honde en selfs ’n haas – teëgekom. Maar Niko is die eerste eekhoring!
Sy het met ’n veearts gereël om Niko se inentings te dokumenteer sodat dit aan die amptenare by die grens verskaf kan word. “Daar is ’n hegte band tussen hom en die eekhoring. Hy het besluit om Niko eerder saam met hom te neem as om hom by familie in Venezuela te los,” sê sy.

Lees ook: Weird Wide Web – Oppas vir skermapnee!

Hy het amper op Niko getrap toe die eekhoring net gebore was. Hy het hom huis toe geneem en joghurt gevoer. Hy leef ook van tamaties en mango’s.

“Ek wil nie hê dat hy van my geskei moet word nie, want ek weet ons sal baie hartseer wees,” sê hy. “

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.