On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kom bly gratis in Shrek se moerashuis!

───   15:16 Mon, 09 Oct 2023

Weird Wide Web – Kom bly gratis in Shrek se moerashuis! | News Article
Uitgestalde beeldkrediet: engoo.com

Airbnb het ’n unieke verblyf in Skotland geskep vir liefhebbers van sprokies en woude.

Geïnspireer deur die DreamWorks Pictures-rolprentreeks Shrek, het die private verhuringsmaatskappy Airbnb sy nederige huis in die Skotse Hoogland herskep, kompleet met rotse en kerse van "oorwas”. Die eerste rolprent in die reeks is in 2001 uitgereik. Shrek en sy vriend, Donkie, se doel is om ongewenste besoekers uit die moeras te hou.


By Airbnb se Shrek’s Swamp is daar bordjies “bly uit” maar by die “moerashuis” is alle besoekers welkom. Die boomhuis het plek vir drie gaste en het houtbeddens en nagemaakte krokodilvel-meubels.

Daar is ’n replika van sy houtbuitetoilet, maar die regte toilet is sowat 20 m verder. Die “moeras” het alles wat gaste nodig het vir ‘n betowerende maar effens modderige verblyf.
“Ek sit alleen in die moeras terwyl Shrek hierdie Halloween weg is, en ek is absoluut verheug om jou uit te nooi vir 'n sprokiesverblyf," sê Donkie.

Lees ook: What's on the menu – Diepgebraaide papballetjies

Maaltye en waffels vir ontbyt word verskaf. Die verblyf is net beskikbaar vir een groep Airbnb-gaste van 27 tot 29 Oktober. En, dit is gratis! Dit is nie ’n kompetisie nie maar gaste kan eers vanaf 13 Oktober bespreek.
Airbnb sal ’n eenmalige skenking aan die HopScotch Children's Charity maak, wat minderbevoorregte kinders in Skotland die kans gee om te kan reis en met vakansie gaan.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.