On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Skoolhoof word deur kletsbot ondersteun

───   15:17 Tue, 17 Oct 2023

Weird Wide Web - Skoolhoof word deur kletsbot ondersteun  | News Article

"Die bekendstelling van KI gaan nie daaroor om ons toegewyde opvoeders te vervang nie, maar om hul vermoëns aan te vul.”

Die Cottesmore School in Wes-Sussex, Engeland, het saam met ’n ontwikkelaar van kunsmatige intelligensie gewerk om 'Abigail Bailey' te skep. Dié kletsbot is ontwerp om die skoolhoof, Tom Rogerson, by te staan.

Hy het aan The Telegraph gesê Abigail is byderhand om raad te gee oor verskeie sake soos die ondersteuning van die personeel, die skryf van beleid en selfs hoe om leerlinge wat aandagafleibaar is te help.


“Om soms iemand of iets te hê om jou te help, het ’n baie kalmerende uitwerking. Dit is lekker om te dink dat iemand wat ongelooflik goed opgelei is jou kan help om besluite te neem. Dit beteken nie dat ek nooit weer raad by mense sal kry nie.”

Lees ook: City of Roses Choir takes to the stage

Abigail werk op 'n soortgelyke manier as die gewilde ChatGPT wat vrae kan beantwoord wanneer dit gevra word of skryfwerk kan lewer op grond van verskeie opdragte.
Rogerson sê die kletsbot is spesiaal ontwerp om ’n magdom kennis in masjienleer te hê en is ook in staat om 'groot hoeveelhede data vinnig te ontleed.

Ted talk wat pleit vir KI-insluiting in onderwys

Cottesmore het ook ’n koshuis vir leerlinge wat ver bly en die skoolgeld beloop £32 000 per jaar. Dit is vir kinders van vier tot 13 jaar en was in ’n stadium aangewys as 'Prep School of the Year'. Rogerson hoop openbare skole sal ook die kletsbot gebruik.

Lees ook: PinkDrive truck offers free mobile cancer screening

Hy beklemtoon dat robotte en tegnologie nie sy onderwysers sal vervang nie. Hulle wil steeds die kernwaardes van tradisionele onderwys behou. "Die bekendstelling van KI gaan nie daaroor om ons toegewyde opvoeders te vervang nie, maar om hul vermoëns aan te vul en te verseker dat ons leerlinge die beste onderrig moontlik ontvang."

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.