On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Avontuurlustiges kan temapark 120 meter ondergronds aandurf

───   15:13 Wed, 18 Oct 2023

Weird Wide Web – Avontuurlustiges kan temapark 120 meter ondergronds aandurf | News Article
Beeldbron: ladbible.com

Diep onder die grond in Roemenië, onder selfs 'n ou soutmyn, is daar 'n ongelooflike vreemde temapark.

Volgens ladbible.com is Salina Turda in Roemenië 120 meter onder die aardoppervlak en op die plek van een van die oudste soutmyne ter wêreld. Daar is bewyse dat die myn dateer uit 1271, sê die temapark op sy webtuiste. Sedert 2010 spog die terrein met ’n temapark wat jaarliks honderdduisende besoekers lok. Daar is selfs 'n Ferris-wiel ondergronds, asook mini-gholf, tafeltennis en interessante aktiwiteite om oud en jonk te vermaak.

Lees ook: Len-Douglas, ‘The Super lifesaver’ op The Joyride

Die kinders kan baljaar op die glybane of basketbal speel. Die Theresa-mynmeer is ook ideaal vir bootritte. Die hele park is vreemd maar die besoekers is mal daaroor.

Lees ook: Vrou dagvaar Disney World ná ernstige "wedgie-besering”

Onder in die myn word regstreekse vertonings gehou en fliekvlooie word ook nie afgeskeep in die amfiteater met 180 sitplekke nie. Die hysbak het glas waardeur besoekers die uitsig kan bewonder voordat hulle ondergronds gaan. As jy dapper is kan jy die trappe gebruik. Een van die besoekers beskryf die ervaring as onverwags en die asemrowendste plek waar hy nog ooit was.

Daar word ook beweer dat dit goed is vir jou gesondheid om in die soutmyn te wees. “Spesialiste beveel soutterapie aan vir die behandeling van asemhalingsprobleme, dit stimuleer die immuunstelsel, verbeter die funksionering van die spysverteringskanaal en help met die vermindering van moegheid en stres,” word op die webtuiste genoem. Min navorsing is egter nog gedoen om die doeltreffendheid van soutterapie te bewys.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.