Offbeat
Weird Wide Web – 'Grapjas' se unieke manier om duikers groot te laat skrik─── 15:13 Tue, 31 Oct 2023
’n Sogenaamde manlike heks het na bewering ’n reusestandbeeld van ’n haai op die bodem van ’n Switserse meer geplaas met die doel om duikers bang te maak.
Gebruikers op sosiale media is aan die gons oor die video van die haai wat op 24 Oktober op Instagram geplaas is. Meer as 309 000 gebruikers het reeds aangedui dat hulle daarvan hou.
Die skrikwekkende 'haai' is op die bodem van die Neuchâtel-meer in Switserland geplaas maar daar word vermoed dat dit die haai is wat gebruik is vir die rolprent Choc au Lac en dat dit vervaardig is deur La Jeunesse de la Côte.
Die standbeeld is sowat ses meter lank en van veselglas gemaak – met yslike tande. Dit is die eerste keer in 2002 ontdek en het nou ’n groot trekpleister vir duikers geword. Hulle neem nou gereeld foto’s van hulself by dié standbeeld.
Lees ook: Feel Good Friday – Man (72) vang graad!
’Daar is geen manier dat ek daar sou bly as ek daardie duiker was nie. As ek dit moes sien sou ek die krag van Poseidon gebruik het om uit die water te kom,” sê iemand op sosiale media.
“Dit sal snaaks wees as een van die duikers ’n foto neem en skielik knip die haai sy oog en sy bek gaan oop om te byt,” skerts iemand op Instagram.
Die rolprent waarin die haai verskyn het, is in 1975 deur ’n groep van 176 kinders van Neuchâtel gemaak. Dit is egter nooit voltooi nie en die haai het op een of ander manier in die meer beland.
Sommige skeptici meen dit is dalk ’n slenter van ’n ander aard.
