Offbeat
Weird Wide Web – Wat beteken CAPTCHA regtig?─── 15:09 Wed, 01 Nov 2023

Ons het dit almal al gesien op sekere webtuistes. "Ek is nie 'n robot nie." Maar wat beteken dit regtig?
Kom ons erken dit maar – ons weet nie regtig wat gebeur as ons klik op die webtuiste wanneer dit vra of ons ’n robot is nie. Baie mense aanvaar die 'Ek is nie 'n robot nie'-knoppie is ’n regmerkie wat ’n regte robot nie sal raaksien nie.
Dit word 'n CAPTCHA genoem wat staan vir 'Completely Automated Public Turing test to tell Computers and Humans Apart' en klink beslis of hulle wou hê dat hul akroniem vir robotte moet uitvang.
Die werklike funksie om op die 'Ek is nie 'n robot nie'-knoppie te klik, doen egter iets heel anders as wat baie mense aanvaar het. Soos die BBC-program QI in ’n stadium opgemerk het laat dit die webtuiste eintlik toe om jou internet-geskiedenis na te gaan om te bepaal of jy ’n regte persoon is of nie.
"Om die blokkie te merk is nie die punt nie. Dit is hoe jy opgetree het voordat jy die blokkie gemerk het wat ontleed word," het Sandi Toksvig, die aanbieder van QI, aan die paneel verduidelik.
Lees ook: Weird Wide Web – 'Grapjas' se unieke manier om duikers groot te laat skrik
"Om eerlik te wees kan ek nie vir jou al die besonderhede vertel nie want hulle hou dit geheim omdat hulle nie wil hê dat mense probeer om die toets te kul nie.
"Byvoorbeeld voordat jy die blokkie gemerk het, het jy 'n paar katvideo's gekyk en van 'n twiet oor Greta Thunberg gehou, jou Gmail-rekening nagegaan – dit alles laat hulle dink dat jy 'n mens moet wees."
Toksvig sê as jy op die 'Ek is nie 'n robot nie' klik, gee jy die webtuiste opdrag om na jou data te kyk en self te besluit. As dit webtuiste onseker is sal hy bevoorbeeld vir jou vra om op die foto’s te klik waar daar nie brandkrane is nie.
Lees ook: Weird Wide Web – Avontuurlustiges kan temapark 120 meter ondergronds aandurf
Mense is onseker of dit die waarheid is. Dit wissel van dit voel soos inbreuk op my privaatheid tot ek kan dit nie glo nie. So volgende keer maak seker dat jy op geloofwaardige mense-skakels geklik het voor die tyd en jou muis op ’n menslike manier beweeg het. Wat dit ook al beteken.