Offbeat
Weird Wide Web – Reuseklok wat die menslike beskawing sal oorleef─── 15:09 Thu, 30 Nov 2023

Die konstruksie van ’n reuseklok wat die mensdom sal oorleef vorder goed danksy Jeff Bezos se belegging van miljoene dollar.
Die stigter van Amazon Jeff Bezos is een van die rykste menseop die planeet en 99% van ons kan nie eers dink hoe lyk ’n bankrekening met so baie dollars in nie.
Nou hoe gemaak as jy so baie geld het? Bezos het in 2018 besluit om te belê in die konstruksie van ’n reuseklok wat die menslike beskawing gaan oorleef. Dit word in ’n berg in die Amerikaanse deelstaat Texas gebou. Dit het hom $42 miljoen gekos en dit sal glo vir 10 000 jaar kan werk. Ná voltooing sal die klok 152 meter hoog wees.
Lees ook: Bloemfontein Children’s Choir hosts annual gala concert
“Dit sal min instandhouding benodig en aangedryf word deur energie van die son en die mense wat dit besoek,” word op die klok se webtuiste gesê. Die Britse musikant Brian Eno het gehelp met die skep van die sowat 3,5 miljoen klokslae – een vir elke dag van die 10 000.
’n Man met die naam Danny Hillis het aanvanklik die idee voorgestel as ’n manier om te dink oor die mensdom se langtermyntoekoms. Die idee is toe verander na die Clock of the Long Now deur die Long Now Foundation.
Lees ook: What's on the menu - Vlanagereg
Hillis is steeds betrokke by die konstruksie van die klok.
Dit sal net een keer per jaar tik en een keer in ’n duisend jaar lui, Een van die redes wat gegee word vir die bou van die klok… is dat ons moet seker maak die beskawing bly voortbestaan.