Offbeat
Weird Wide Web – So wie het Sean Paul regtig uitgeroep?─── 15:12 Tue, 12 Dec 2023
Baie van ons het geen idee wat ons sing as ons ’n Sean Paul-liedjie tydens karaoke probeer sing nie.
Ons het al die jare gedink die rapper Sean Paul het sy eie naam aan die begin van sy liedjies geskree, reg? Toe nou nie. Baie van ons het geen idee wat ons sing as ons ’n Sean Paul-liedjie tydens karaoke probeer sing nie. Die kombinasie van hoe vinnig hy sing en sy swaar Jamaikaanse aksent maak dit baie moeilik om na te maak.
Al die tyd het ons gedink die inleiding van sy liedjies begin met 'Sean de Paul'. Jy is reg, ons almal het dit verkeerd. Die 50-jarige rapper het in werklikheid nog nooit een keer 'Sean de Paul' in enige van sy liedjies genoem nie ondanks wat ons dink ons hoor.
Lees ook: Weird Wide Web - Die man wat 'n vliegtuig geëet het
Daar is selfs geglo Sean Paul het die weg gebaan vir sangers soos Jason Derulo en Pitbull.
Klik hier vir sy verduideliking.
Musiekliefhebbers het die ontdekking gemaak nadat ’n sosialemediagebruiker erken het dat hy vroeër gedink het die rapper eintlik 'Chanderpaul' sê eerder as sy eie naam.
Hy het op X gesê hy het altyd gedink dit is ’n vreemde huldeblyk vir die krieketspeler Shivnarine Chanderpaul. Hy het opgemerk dat Sean Paul eintlik die ware oorsprong daarvan verduidelik het in ’n onderhoud met Vice terwyl hy die liedjie 'Get Down' bespreek het.
Die krieketspeler se naam was lekker om te sê en hy het dit by sy konserte begin gebruik.
