On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – In die 1920's het joernaliste voorspel hoe 2024 sou lyk

───   15:15 Thu, 25 Jan 2024

Weird Wide Web – In die 1920's het joernaliste voorspel hoe 2024 sou lyk | News Article
Beeldbron: ladbible.com

Hoeveel voorspellings het reeds in 2024 waar geword?

Koerantknipsels van 1924 toon indrukwekkende akkurate voorspellings oor hoe die lewe in 2024 sou wees. Meer as ’n eeu gelede het koerante gereeld probeer raai hoe die toekoms gaan lyk. Die Kanadees Paul Fairie, navorser aan die Universiteit van Calgary, het van die voorspellings op die sosialemediaplatform X geplaas. Een van die voorspellings is baie voertuie op die paaie..

Daar word genoem mense sal rondvlieg en die ruimte verken – hoewel ons nie vandag almal ruimtevaarders is nie. Danksy die mediese wetenskap sal mense ook langer leef tot minstens ’n honderd jaar. 


Die ander interessante voorspelling is dat foto-albums vervang sal word deur video’s en rolprente se tonele baie realisties sal wees.

Nie alles het gebeur nie, byvoorbeeld die rol van teater in die samelewing het nog nie bygedra tot wêreldvrede nie. Mense bly nog nie op die maan nie, ore word nog nie oorgeplant nie, perde het ook nie weens die gebruik van motors uitgesterf nie. Daar is nog genoeg diamante sodat paartjies nie verloof hoef te raak met ’n sintetiese edelsteen gemaak van suiker nie.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.