On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man leef jare met mes in sy kop

───   15:16 Tue, 30 Jan 2024

Weird Wide Web – Man leef jare met mes in sy kop  | News Article
Foto: unilad.com

..

’n Man het “skerp pyn” baie letterlik opgeneem nadat chirurge ’n mes in sy kop ontdek het. Li Fuyan van China het al vier jaar lank hoofpyn gehad, maar kon nooit uitvind wat dit veroorsaak nie. Hy het ook gesukkel met slegte asem en asemhalingsprobleme. 

Tydens ’n operasie was die dokters geskok om ’n geroeste lem in die 30-jarige Li se kop te vind.
Li het hulle vertel dat hy vier jaar gelede met ’n mes in sy kakebeen gesteek is. Dit het in sy skedel afgebreek, maar niemand het dit besef nie.

Die lem het begin roes en dokters is verbaas dat hy nie ernstig siek geword het nie. “Ons het in sy mond gekyk maar daar was geen litteken so dit bly ’n raaisel hoe die lem in sy skedel beland het,” dr. Xu Wen, adjunkdirekteur van die hospitaal se stomatologie-afdeling, in 2011 aan die Chinese staatsuitsaaier CCTV gesê.

’n Deel van die lem is agter in die man se keel gevind, wat beteken dit het sy nekslagaar wonderbaarlik gemis.

“Daar is ruimtes tussen belangrike organe wat beteken hy was baie gelukkig,” het dr. Eugene Flamm, voorsitter van neurochirurgie by die Montefiore Mediese Sentrum in New York, gesê.
Op sosiale media het mense gevra hoe kon hy deur ’n mes gesteek wees en dan daarvan vergeet.

Lees ook: What's on the menu – Sjokolade-koekstruif

Ander het weer gesê dit is ’n wonderwerk dat hy oorleef het, terwyl daar op X beweer word dat dit ’n wolhaarstorie is.
Lees ook: Conspiracy Corner – Apparently, Jeffrey Epstein isn't dead

Al wat ons kan sê dit was ’n stekende hoofpyn!

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.