On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Blog vertel meer oor geheime van passasierskepe

───   15:16 Mon, 12 Feb 2024

Weird Wide Web – Blog vertel meer oor geheime van passasierskepe | News Article
Foto: ladbible.com

Een ding is hoe absoluut donker die nag is.

Beplan jy ’n vakansie op ’n passasierskip of wil jy op ’n skip gaan bly? Dan is daar ’n paar dinge wat jy moontlik nooit besef het nie. Een ding is hoe absoluut donker die nag is. Die TikTok-gebruiker@chasingthedream.hj het ’n paar geheime oor passasierskepe gedeel soos die musiek wat ophou met sonsondergang.  

In sy video verduidelik hy ’n skeepsvaart is wonderlik totdat jy besef hoe donker die nag op ’n skip kan wees, maar daar is nog ’n geheim wat selfs erger as duisternis kan wees – ’n lykshuis aan boord.

So, is dit die waarheid? Die blog Cruise Mummy het dit in ’n artikel bevestig en ook verduidelik wat dit vir die bemanning behels. “Alle passasierskepe moet geriewe hê waar ’n liggaam vir minstens ’n week gebêre kan word.”

Lees ook: Weird Wide Web – Handdoek-helde red 2 in ysige water

“Wanneer ’n passasier sterf neem die bemanning die liggaam na die lykshuis totdat die skip die naaste hawe kan bereik waarna die liggaam per vliegtuig huis toe geneem sal word. Die naasbestaandes word ook ingelig as hulle nie saam met die persoon aan boord was nie.”

TikTok-gebruikers het heeltemal oor boord gegaan. “As daar ’n lykshuis is, gaan ek nooit weer op ’n skip nie.” 'n Ander een meen: “Ok, ja,donkerte en lykshuise. Ek bly die jaar tuis.”’

Gelukkig is daar diegene wat verstaan dit is nodig vir ’n lykshuis aan boord ’n skip, want waar moet hulle die liggaam anders bêre?

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.