Offbeat
Weird Wide Web – Rol jou oë en bestuur jou motor─── 15:31 Thu, 29 Feb 2024
“Die unieke kenmerk sal help om Honor te laat uitstaan in ’n versadigde mark.”
Die Chinese selfoonmaatskappy Honor het ’n KI-funksie bekend gestel wat kan kan opmerk wanneer ’n persoon na die skerm kyk. Die selfoon kan onderskei tussen ’n vinnige blik en ’n doelbewuste kyk na die skerm. ’n Aksie sal dan uitgevoer kan word sonder dat die persoon aan die voorwerp raak. Die tegnologie is beskikbaar op syHonor se uwe Magic 6 Pro-foon en monitor waarna die gebruiker deur die slimfoon se kamera kyk.
“Dit is goed om te sien dat hierdie tegnologie in kategorieë soos slimfone opgespoor word. Vir nou voel dit meer soos ’n foefie as enigiets anders,” het die bedryfskenner Paolo Pescatore aan MailOnline gesê.
“Die unieke kenmerk sal help om Honor te laat uitstaan in ’n versadigde mark. Dit sal ook mense lok wat voorheen lojaal was aan Apple en Samsung. Die doel is ook om die gebruikerservaring te verbeter deur gebare en beweging.
