Offbeat
Weird Wide Web – Duitse tiener lewe op treine─── 15:14 Tue, 05 Mar 2024
“Hy moet elke aand betyds wees vir die nagtrein en moet vinnig planne beraam as die trein nie opdaag nie.”
Lasse Stolley (17) leef sy droom uit deur op verskeie Deutsche Bahn-treine te bly.
Hy slaap in die aande op die sitplekke van die treine en soggens word hy wakker gemaak deur die pendelaars. Die Duitse tiener en selfverklaarde 'digitale nomaad' sê hoewel privaatheid glad nie bestaan nie hou hy van sy vryheid.
Stolley spog hy reis amper 500 km per dag deur die land en klim af waar hy wil. Hy het aan Business Insider gesê: “As ek lus is om see toe te gaan, neem ek soggens die trein noord.
“As ek die stadslewe mis, klim ek op ’n trein na Berlyn of München, of ek neem die sneltrein na die Alpe vir ’n staptog.”
Hy skat hy het byna 500 000 km gereis sedert hy sy ouerhuis in Fockbek, Sleeswyk-Holstein, verlaat het toe hy net 16 jaar oud was. Dit het alles gebeur toe sy planne om as IT-spesialis opgelei te word op die nippertjie gekanselleer is. Toe word hy geïnspireer deur ’n dokumentêr op YouTube. Stolley het vir hom ’n Bahncard 100 gekoop en nou kan hy onbeperk reis. .
Lees ook: Conspiracy Corner – Remember when US military faked vampire attacks?
Sy ouers moes hy eers oortuig dat dit wettig is om so te reis en dat hulle nie bekommerd moet wees nie. Bedags doen hy sy werk as programmeerder voordat hy in eersteklas gaan ontspan.
Hy gebruik openbare swembaddens en ontspanningsentrums om skoon te kom – al sy besittings pas in sy rugsak.
Lasse Stolley reis die hele Duitsland vol. Foto verskaf
Hy besit vier T-hemde, twee broeke, toiletware,’n nekkussing, reiskombers maar sê sy skootrekenaar en oorfone om klank te demp is sy kosbaarste besittings.
Lees ook: Feel Good Friday – Terapiehaas rits rond in eie motor
Stolley sê hy moet elke aand betyds wees vir die nagtrein en moet vinnig planne beraam as die trein nie opdaag nie. Hy deel sy ervaringe op die blog Life on the Train en dit kos hom jaarliks sowat £8 500. Hy hoop om ’n lewe hieruit te maak. “My wens is om terugvoering te gee aan Deutsche Bahn of die treinvervaardigers en om daarvoor vergoed te word.”
Lees meer dg
