On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Passasier vra kaper vir ’n foto saam

───   15:20 Thu, 07 Mar 2024

Weird Wide Web - Passasier vra kaper vir ’n foto saam | News Article
Beeldbron: ladbible.com

’n Passasier het ’n kaper gevra of hy ’n foto saam met hom kon laat neem. Die Brit het sedert die voorval onthul presies hoekom hy ’n foto met die kaper wou neem.

In 2016 is ’n Egyptair-vlug van ’n lughawe in Alexandrië, Egipte, op pad na die Kaïro-lughawe, ook in Egipte, gekaap deur 'n man wat na bewering 'n selfmoordgordel gedra het. Die kortafstandvlug het 556 passasiers aan boord gehad, benewens lede van die bemanning en een lid van die lugdiens se sekuriteitspan.

Die kaper het geëis dat die vlug na Ciprus herlei word en gedreig om die vliegtuig op te blaas as die vlieënier nie doen soos hy gesê het nie. Gelukkig het die vlug veilig by die Larnaca-lughawe, Ciprus, geland. Die meeste passasiers is vrygelaat. 

Slegs vier passasiers, asook die hele vlugbemanning, is gevange gehou. Die kaper, wat later as Seif Eldin Mustafa bekend was, is is snaaks genoeg deur ’n Brit, genaamd Ben Innes, gevra of hy ’ foto saam met hom kan neem.

Hoekom tog?

Die 26-jarige Innes was ’n gesondheids- en veiligheidsouditeur in die oliebedryf wat in Aberdeen gewoon het, en was vyf uur aan boord van die vliegtuig saam met die drie ander passasiers en vlugbemanning nadat die vliegtuig by Larnaca geland het.

Mustafa het glo die vliegtuig afgelei om sy eksvrou te sien wat in Ciprus gewoon het.

Gedurende daardie tyd, terwyl onderhandelinge tussen amptenare en die vermeende kaper aan die gang was, het Innes besluit om 'n foto saam met Mustafa te neem, wat later wyd versprei is. Sy motief? Hy wou ’n kans hê om die sogenaamde ploftoestel van nader te bekyk.

In ’n onderhoud met The Sun (via CBS) het Innes erken hy is nie heeltemal seker hoekom [hy] dit gedoen het nie. Die Brit het voortgegaan: “Ná sowat ’n halfuur by Larnaca het ek vir ’n foto saam met hom gevra terwyl ons gesit en wag het. Ek het gedink, hoekom nie?”

Lees meer: Weird Wide Web – Rol jou oë en bestuur jou motor

“Ek het gereken as sy bom werklik was, het ek in elk geval niks om te verloor nie, so ek het ’n kans gevat om dit van nader te bekyk.”

Innes het verduidelik hy het een van die kajuitpersoneel gekry om vir hom te vertaal om die kaper te vra of hulle ’n foto kan neem.

“Hy het net sy skouers opgetrek, so ek het by hom gestaan en vir die kamera geglimlag terwyl ’n lugwaardin die foto geneem het,” het Innes gesê. “Dit moet die beste selfie ooit wees.”

Maar wat van die kaper?

Ná vyf uur se vertragingstaktieke is Mustafa gearresteer en sy beweerde selfmoordgordel was glo ’n nagemaakte, vals toestel. Die president van Ciprus het gesê dit was nie ’n terreurvoorval nie.

’n Regsproses het later in Ciprus plaasgevind voordat hy aan Egipte uitgelewer is, waar hy verhoor en uiteindelik skuldig bevind is.

Hy dien tans lewenslange tronkstraf uit.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.