On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Strydlustige pynappels baklei terug

───   15:45 Tue, 19 Mar 2024

Weird Wide Web – Strydlustige pynappels baklei terug | News Article

“Ek sal nooit weer pynappel eet nie.”

Al ooit gewonder wat veroorsaak die vreemde sensasie op jou tong as jy pynappel eet? Is dit ’n geval van die pynappel wat terugbaklei?

'n TikTok-video wat SF Microscopy met meer as 77 000 volgelinge gedeel het, verduidelik wat gebeur as jy dié tropiese vrug eet.  Hulle het stukkies pynappel onder ’n mikroskoop ontleed en die resultate was ’n verrassing.

"Dit bevat kristalle van kalsiumoksalaat wat gate in die selmembraan steek en dit is wat die irritasie veroorsaak.” Die inhoudskepper sê dit lyk soos klein naalde en is die pynappel se verdedigingsmeganismes. Sodra die pynappel “beskadig” word val dit die mondholte aan deur ’n prikkende irritasie.  

Lees ook: Weird Wide Web - Passasier vra kaper vir ’n foto saam

Die inhoudskepper se video is al meer as 35,9 miljoen gekyk. Die TikTok-gebruikers kan nie wag om hul reaksie te deel nie. Hul kommentaar wissel van “ek sal nooit weer pynappel eet nie” tot “hoe masochisties van my”.

“Jy ken dié vrugte goed as dit begin terugbaklei,” het een geskerts. Ander kla weer hul mond is rou en seer as hulle pynappels eet. En laaste…“Dankie ... nooit geweet tropiese vrugte het verdedigingsmeganismes nie ... baie interessant."

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.