On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kambodjaanse premier die ergste ‘party-toeter’ ooit!

───   15:23 Wed, 20 Mar 2024

Weird Wide Web – Kambodjaanse premier die ergste ‘party-toeter’ ooit! | News Article

Kambodjaanse premier, Hun Manet, het ’n verbod op musikale toeters geplaas, nadat verskeie video's op sosiale media gewys het hoe mense op paaie dans terwyl verbygaande vragmotors ritmiese deuntjies uitbasuin.

Hun Manet, wat verlede jaar die regering se stuur by sy pa, Hun Sen, oorgeneem het – nadat sy pa Kambodja vir 38 jaar gelei het – het ’n beroep op die polisie en die Ministerie van Openbare Werke en Vervoer regoor die land gedoen om onmiddellik op te tree teen enige voertuig waarvan die normale toeter deur ’n deuntjie vervang is. Hulle moet dit uitruk en die standaard toetertipe herstel. Hy het gesê die maatreël is reeds deur provinsiale owerhede geïmplementeer, maar hy wou dit in die openbaar aankondig om seker te maak dat dit landwyd toegepas word.

Hy het Maandag op sy Facebook-blad kommentaar gelewer dat onlangse sosiale media-plasings “onvanpaste aktiwiteite getoon het wat gepleeg is deur sommige mense, veral jeugdiges en kinders, wat langs die pad dans op die musikale klanke van vragmotors se toeters.”

Hun Manet het gesê sulke dansies hou vir die dansers self ’n verkeersgevaar in wat lewensbedreigend is en versteur daarom die openbare orde. Een video wys hoe drie jongmense in die middel van ’n pad dans terwyl ’n groot sleepwa-vragmotor sy deuntjie laat hoor.

In Kambodja sal daar nie meer in die straat op toeterdeuntjies gedans mag word nie.

Lees meer cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.