On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Polisie moenie LEGO-mannetjies se koppe in foto's gebruik

───   15:18 Tue, 02 Apr 2024

Weird Wide Web – Polisie moenie LEGO-mannetjies se koppe in foto's gebruik  | News Article

“Die Murrieta-polisie sê die gemeenskap het meer plasings op “Weekly Roundup” gevra en hulle het die LEGO-mannetjies gebruik om aan die wetgewing te probeer voldoen.”

Die Deense speelgoedmaatskappy LEGO het die polisie in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gevra om nie die koppe van hul mannetjies te gebruik om die gesigte van verdagtes op sosiale media te verbloem nie.

Die Murrieta-polisiekantoor gebruik dit sedert 1 Januarie 2023, nadat wetgewing in werking getree het wat die polisie verbied om verdagtes se foto’s op sosiale media te plaas.

Die gewysigde foto’s het die internet aan die gons, nadat die polisie hul motivering geplaas het.
Wetstoepassingagentskappe in Amerika wil gemeenskapbetrokkenheid verbeter met hul “Mugshot Mondays” en “Wanted Wednesdays” op sosiale media.

Kenners waarsku dat hierdie foto’s verhoorafwagtendes kan benadeel, omdat dit lyk of hulle skuldig is. Die foto’s kan dit verder vir hulle moeilik maak om in die toekoms werk te kry.

Kragtens Kalifornië se nuwe wetgewing moet die foto’s binne 14 dae verwyder word, behalwe as die verdagte voortvlugtig is of die openbare veiligheid bedreig.

Lees ook: Weird Wide Web – Sierlike stuk Titanic-hout vir R13 miljoen verkoop!

Die Murrieta-polisie sê die gemeenskap het meer plasings op “Weekly Roundup” gevra en hulle het die LEGO-mannetjies gebruik om aan die wetgewing te probeer voldoen.

LEGO het egter beswaar gemaak. Hulle gaan nou ander interessante maniere probeer om steeds die gemeenskap ingelig te hou.

Lees meer/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.