On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou in 'tamatiestraat' ná resensie

───   15:14 Thu, 04 Apr 2024

Weird Wide Web – Vrou in 'tamatiestraat' ná resensie  | News Article
Foto: Pixabay

“Die sel se dak het gelek en sy moes die hele tyd in die water staan omdat daar nie plek was om te sit nie.”

Chioma Okoli van Nigerië kan tot sewe jaar tronkstraf gevonnis word, omdat sy glo die kubermisdaadwetgewing oortree het. Sy het ’n negatiewe resensie aanlyn geplaas oor ’n blikkie tamatiepuree wat sy gekoop het.

Sy het in September verlede jaar op Facebook beweer die tamatiepuree bevat te veel suiker en haar volgelinge gevra om hul mening te deel. Sy het  3 000 kommentare op haar plasing gekry.

Een van hulle was van ’n familielid van die stigter van Erisco Foods Limited – die maatskappy wat die tamatiepuree gemaak het.

 

Sy is gevra om nie die produk se naam te beswadder nie, maar eerder iets anders te probeer. Sy het egter net verder beledigend opgetree. Sy is enkele dae later deur die polisie by ’n kerk in Lagos in hegtenis geneem. 

Lees ook: Conspiracy Corner – Is P. Diddy somehow connected to Michael Jackson's death?

Chioma Okoli van Nigerië wou tamatiepuree vir ’n bredie gebruik. Foto: Pixabay

Okoli is in ’n sel aangehou en die volgende dag na die hoofstad Abuja gevlieg waar sy borgtog gekry het. “Die sel se dak het gelek en sy moes die hele tyd in die water staan omdat daar nie plek was om te sit nie, het sy aan CNN Africa gesê.

Lees ook: Learning is fun with the puppets from Papadi Park in Bloemfontein

Erisco Foods Limited sê haar resensie het tot slegte publisiteit en probleme met sy verskaffers gelei. Die stigter sê hy sal eerder sterf as om toe te laat dat enigeen sy reputasie skade berokken.

Op haar beurt eis sy skadevergoeding van die polisie en Erisco Foods Limited. Haar prokureur sê egter dit is ’n stryd tussen Dawid en Goliat. Sy moet op 18 April weer in die hof verskyn.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.