On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – ’n Nuwe sport lê op die horison; “Skaakboks”.

───   15:13 Thu, 02 May 2024

Weird Wide Web – ’n Nuwe sport lê op die horison; “Skaakboks”. | News Article
Beeldbron: unilad.com

“Skaakboks val onder wat bekend staan as ’n hibriede sport, aangesien dit in twee dissiplines verdeel is, en skaak en boks kombineer.”

Daar is baie sportsoorte daar buite om te geniet, of dit nou sokker, swem, bofbal of basketbal is. Daar is egter sommige sportsoorte wat ’n bietjie minder bekend is, maar dit maak dit nie minder voorspelbaar nie. Skaakboks is één sport wat die meeste mense waarskynlik nog nooit gekyk, óf selfs van gehoor het nie.

Skaakboks val onder wat bekend staan as ’n hibriede sport, aangesien dit in twee dissiplines verdeel is. Jy kan seker raai watter sportsoorte by skaakboks betrokke is?

Ja, jy het reg geraai ... skaak en boks.

’n Knipsel van die sport in aksie is onlangs deur die Historic Vids-rekening op X gelaai.

“Skaakboks moet die gekste sport in die ganse geskiedenis wees,” het die rekening geskryf.

In die video speel twee deelnemers eers ’n spel skaak in ’n bokskryt, voordat hulle net ’n paar oomblikke later ’n werklike boksstryd voer. Van die een uiterste na die ander! Gebruikers het sedertdien na die kommentaarafdeling van die X-plasing gestroom om hulle opinie te lug oor dié wilde sport.

“Stel jou die halftyd pep talks voor ... ‘Hou aan om jou ridders te beweeg en pasop vir daardie uppercuts!’” het een persoon geskerts.

“Dit benodig konsentrasie en die vermoë om baie vinnig te dink,” het ’n tweede gesê terwyl ’n derde droog opgemerk het: “Soveel nuttelose en betekenislose sport deesdae.”

Lees ook: Weird Wide Web – Een klik van rekenaarmuis en egpaar is geskei

So, hoe presies werk Skaakboks? Wel, twee vegters speel afwisselende rondtes blitsskaak en boks totdat een met skaakmat of ’n uitklop wen. Dit is egter nie die enigste twee maniere om te wen nie, aangesien dit ook moontlik is om as oorwinnaars bo uit te kom met tydstraf, soos in gewone skaak, en deur ’n boksbeslissing as daar gelykop gespeel is in die ooreenstemmende skaakwedstryd.

Soos jy in dié virale X-snit kan sien, word die sportbyeenkoms in ’n bokskryt gehou met ’n skaakbord op ’n tafel in die middel daarvan.

Skaakboks het selfs sy eie beheerliggame, naamlik die Wêreldskaakboksvereniging en die Wêreldskaakboksorganisasie.

Die ‘malste sport in wêreldgeskiedenis’ is deur die strokiesprentkunstenaar Enki Bilal uitgevind voordat dit later deur die Nederlandse uitvoeringskunstenaar Iepe Rubingh as ’n kunsuitvoering verwerk is.

Dit het die afgelope tyd in gewildheid gegroei, tot op die punt waar dit gewild is in lande soos die Verenigde Koninkryk, Indië, Finland, Frankryk en Rusland.

Lees meer mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.