Offbeat
Weird Wide Web – Vriende trek pasgetroudes ‘troutradisiestreep’─── 15:14 Thu, 11 Jul 2024
“Wat sal jou reaksie wees as jy terugkeer van jou wittebrood af en jou huis is deur duisende bierkratte versper?”
Stel jou voor dat jy van jou wittebrood af tuis kom en jou huis is deur duisende bierkratte versper. Die pasgetroudes, Jérémy Desmet en Maïté Beernaert, het moontlik gedink hulle sien nog dubbel toe hulle teruggekeer het na hul huwelikshuis in die dorpie Zandvoorde in die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere en .
Desmet (29) en Beernaert se pelle het besluit om hul vriend, wat net sy nuwe vrou oor die drumpel wou dra, se voordeur as ’n grap met 2 000 bierkratte te blokkeer.
Dit is deel van ’n Belgiese tradisie waar vriende aan pasgetroudes ’n ‘verrassingsgeskenk gee’. Hierdie vriendekring het vir seker in die verrassingsdeel van die opdrag geslaag.
Hul vriende is geïnspireer deur ander bierkratversperrings wat hulle gesien het, maar wou nog groter en beter gaan.
Die meesterbrein agter die grap is Clément Mahieu. Hy lag: “Jérémy en Maité se hele huis is ommuur, hulle kan nêrens inkom nie.
Lees meer: What’s on the menu – Kaasbord op ’n oop vuur
“Wanneer hulle by die huis kom, sal hulle planne moet maak, dalk ’n tent in die tuin opslaan,” skerts hy.
Alhoewel die meeste kratte blou is, is daar ’n paar pienk kratte in die vorm van ’n hart. Hoe oulik ...
Die goeie nuus is dat die kratte gevul is met die bruidegom se gunstelingdrinkgoed.
Boonop kan Desmert en Beernaert die deposito van €4 200 (£ 3 500) kry, sodra die bottels leeg is en hulle die kratte terugbesorg.
Cheers!
Lees meer mvh
