On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Toe nie die kat se stert nie

───   07:00 Fri, 02 Aug 2024

Weird Wide Web – Toe nie die kat se stert nie | News Article
Foto ter illustrasie

“’n Parasiet wat in katfekalieë gevind word, kan beide Alzheimer én Parkinson se siektes behandel.”

Kenners het ontdek dat Toxoplasma gondii, wat algemeen in katuitskeiding voorkom, suksesvol gemanipuleer kan word om proteïene aan die brein van muise te lewer. 

Neurologiese gesondheidsorg was voorheen beperk deur die die uitdaging om geteikende behandeling op die regte plek binne neurone oor die bloed-brein-skans te lewer.

Wetenskaplikes vermoed dat parasiete ’n rol kan speel in die lewering van terapeutiese proteïene aan die brein sodra verdere navorsing gedoen is.

Professor Lilach Sheiner, een van die studie se voorste skrywers aan die Universiteit van Glasgow, het gesê: "Dit is ’n bloulugprojek waartydens ons samewerkende span buite die boks gedink het rondom die langdurige mediese uitdaging om ’n manier te vind om suksesvol behandeling vir kognitiewe versteurings aan die brein te lewer.”

“Die behandeling is nie sonder uitdagings nie, veral wanneer die gevare verbonde aan Toxoplasma-infeksie in ag geneem word.

“Dit sal nog jare se noukeurige navorsing en ontwikkeling verg om doeltreffendheid en veiligheid te verbeter, en vir ons werk om ’n behandelingswerklikheid te word.” 

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.