On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Toeic Katastrofe

───   09:11 Tue, 13 Aug 2024

Weird Wide Web – Toeic Katastrofe | News Article

“Tronk toe as jy in jou toetse kroek in Suid-Korea.”

’n Suid-Koreaanse man is vir drie jaar tronk toe gestuur omdat hy antwoorde op Engelse vaardigheidstoetse verkoop het.

Mnr. Hong (27) het 23 keer tussen Julie 2021 en Oktober 2022 antwoorde aan 18 mense verkoop.

Volgens The Korea Herald het hy 80 miljoen won gemaak (meer as $57 500) met die verkoop van antwoorde op dele van TOEIC-toetse.

Die Engelstoets vir Internasionale Kommunikasie word regoor Suid-Korea gebruik, en om goeie resultate te kry, is baie belangrik vir studente wat kollege toe wil gaan en aan die universiteit wil gradueer.

Die hof in Seoul het gesê sy optrede is in haarfyn beplan.

Hy het begin deur ’n advertensie op sosiale media te plaas. Hong het as ’n tutor gewerk, en sou eers self die toetse aflê.

Tydens pouse het hy die kamer verlaat om badkamer toe te gaan waar hy sy selfoon versteek het.

Hy het dan foto’s van die antwoorde geneem, wat hy neergeskryf het, en dit aan mense gestuur wat hom betaal het om hulle te help kul.

Sommige van daardie mense het ook hul fone in die badkamer versteek. Vir ander, wat nie hul fone kon gebruik nie, het hy die antwoorde op ’n stuk papier geskryf en in die badkamer gelos.

Mense het tussen 1,5 miljoen en 5 miljoen won betaal ($1 000 tot $3 600) om hierdie antwoorde te kry.

Almal wat in die toetse verneuk het, is deur die hof boetes van tot 10 miljoen won ($7 200) opgelê en is deur die TOEIC-komitee verbied om die toets vir die volgende vyf jaar af te lê. 

Die hof het ook beslag gelê op meer as 76 miljoen won ($55 000) wat Hong uit die kullery gemaak het.

Kyk hierna om te sien presies wat die toets behels.

OFM Nuus mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.