Offbeat
Skukuza-gholfbaan, die wildste ter wêreld – VIDEO’S─── 07:15 Fri, 16 Aug 2024
“ ’n Ongenooide krokodil het uit die rivier na die setperk geloop, waarna die leeus met die karkas weggehardloop het. Die reptiel het aan van die oorblywende stukkies begin smul terwyl hiënas lastig was.”
Twee leeus met hul vangs, ’n ongenooide krokodil en vier roofdiere was die karakters van ’n onvergeetlike ervaring op die setperk van die Skukuza-gholfbaan.
’n Skouspelagtige vertoning het Maandagaand (12/8) op die setperk voor die Skukuza-gholfklub se restaurant afgespeel.
Video: Skukuza-gholfklublede
Volgens Jean Rossouw van die gholfklub het sommige lede net ná 19:00 op die restaurant se dek ontspan ná ’n dag se gholf en ’n paar drankies en ’n stewige aandete geniet, toe twee leeus ’n rooibok op die setperk plattrek.
Volgens Rossouw het die leeus aan hul prooi begin smul. ’n Rukkie later het vier hiënas lastig geraak en probeer om iets te aas. Maar wat daarna gebeur het, het die omstanders verstom. ’n Ongenooide krokodil het uit die rivier na die setperk geloop, waarna die leeus met die karkas weggehardloop het. Die reptiel het toe aan van die oorblywende stukke op die setperk begin smul.
In die video kan die hiënas se opportunisme gesien word terwyl hulle baie dapper probeer om ietsie van die krokodil te aas.
’n Wilde ervaring enkele meters van die restaurant het weereens bewys dat Skukuza Gholfklub die wildste gholfbaan ter wêreld is.
Some previous sightings on course. pic.twitter.com/QjuknDR4ZM
— Dean Oelschig (@DeanOelsch) August 14, 2024
