On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Die saak van die vermiste skoene is uiteindelik opgelos!

───   15:18 Wed, 27 Nov 2024

Weird Wide Web – Die saak van die vermiste skoene is uiteindelik opgelos! | News Article

Vroeg in November het personeel by ’n kleuterskool in Japan die polisie gebel nadat 15 skoene uit kinders se kassies vermis geraak het.

Die skoene het aan 10 verskillende kinders behoort – en wat die misdaad besonders vreemd gemaak het, was dat meestal enkelskoene geneem is, nie pare nie. Die volgende dag het nog drie skoene verdwyn, terwyl ander skoene op die vloer rondgestrooi gevind is.

Nadat die personeel nie die skuldige kon opspoor nie, het die polisie kameras rondom die skool opgestel om te kyk wie al die skoene steel. Tot almal se verbasing was die skuldige ’n muishond!

’n Video wat deur die kamera geneem is, het gewys hoe die dier net ná 19:30 die skool binnekom, ’n skoen uit ’n kassie gryp en binne slegs 10 sekondes weghardloop.

“Ons was baie bekommerd, maar ons is nou verlig om te weet dit was ’n dier,” het ’n lid van die kleuterskoolpersoneel aan The Mainichi gesê.

Die skoene is nog nie gevind nie, maar die kleuterskool het begin om die kassies snags met nette toe te maak om te keer dat die muishond nog skoene steel.


Die polisie het aan The Mainichi gesê hulle is verlig dat die skuldige ’n dier was en nie ’n mens nie, en dat hierdie geval dalk die eerste in sy soort is.

Alhoewel die storie vreemd is, mag daar ’n rede wees waarom die muishond die skoene gesteel het.

Hiroshi Sasaki van die Chikushi Jogakuen Universiteit glo die muishond het waarskynlik pas kleintjies gehad en die skoene gebruik om ’n warm nes vir die winter te bou.

Lees meer cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.