On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Prehistoriese mode ‘keer terug’

───   15:50 Tue, 06 May 2025

Weird Wide Web – Prehistoriese mode ‘keer terug’ | News Article
Foto: X

In ’n poging om ’n volhoubare en etiese toekoms vir die luukse tekstielbedryf te bou het drie maatskappye kragte saamgesnoer om die wêreld se eerste T-Rex-leerhandsak te skep.

Hoewel dinosourusse reeds miljoene jare gelede uitgesterf het, maak baanbreker-tegnologie en genetiese navorsing dit nou blykbaar moontlik vir die mensdom om T-Rex-DNS te gebruik om sintetiese, laboratorium-gekweekte dinosourusleer te vervaardig. 

Deur ’n splinternuwe inisiatief het die kreatiewe agentskap VML saam met die genoom-ingenieurswesemaatskappy The Organoid Company en die biotegnologie-innoveerder Lab-Grown Leather Ltd. ’n hoëgehalte alternatief vir tradisionele leer ontwikkel – een wat dierprodukvry en volhoubaar is.

’n Proteïen wat in ’n Tyrannosaurus-fossiel van sowat 80 miljoen jaar gelede gevind is, is as inspirasie gebruik en The Organoid Company en Lab-Grown Leather het daarin geslaag om ’n nuwegenerasiemateriaal te sintetiseer met die duursaamheid en herstelbaarheid van T-Rex-vel.

Met die struktuur van die betrokke kollageenproteïen as riglyn, het navorsers ’n sintetiese geen (DNS) ontwerp wat in selle ingeplant is om kunsmatig ’n “velagtige struktuur” te laat groei – dit vorm die middelste laag van die leer.

LEES OOK: Acclaimed conductor joins Free State Symphony Orchestra for Symphonic Flair

In plaas daarvan om die T-Rex se vel presies na te maak op grond van sy DNS, het die betrokke maatskappye gefokus op die skepping van ’n “nuwe biotegnologiese materiaal wat deur dinosourus-afgeleide proteïenstrukture geïnspireer is.”

“Ons eie gevorderde platform vir weefselingenieurswese het weer eens sy veelsydigheid bewys. Deur saam met VML en The Organoid Company te werk, ontsluit ons die moontlikheid om leer van prehistoriese spesies te ontwerp – en ons begin met die formidabele T-Rex,” sê prof. Che Connon van Lab-Grown Ltd. 

Die wêreld se eerste T-Rex-leerhandsak behoort later vanjaar beskikbaar te wees, hoewel prys nog nie bekend gemaak is nie. Aangesien dit ’n hoogs innoverende en luukse produk is, sal dit waarskynlik ’n peperduur prys wees.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.