On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – ChatGPT verbreek ’n 12-jarige huwelik

───   15:48 Mon, 12 May 2025

Weird Wide Web – ChatGPT verbreek ’n 12-jarige huwelik | News Article

’n Griekse vrou het besluit om van haar man van 12 jaar te skei nadat ChatGPT haar meegedeel het dat hy ’n verhouding het, bloot deur die koffiemoer in sy koffiebeker te “lees”.

OpenAI se ChatGPT-kletstoep is uitstekend vir baie goed, maar dit kan jou lewe ontspoor as jy dit blindelings vertrou. 

’n Griekse man het onlangs op die oggendprogram To Proino op Griekse televisie verskyn en gekla dat ChatGPT sy huwelik vernietig het deur hom valslik as ’n verneuker uit te beeld. 

Na aanleiding van ’n tendens op sosiale media, het sy vrou gedink dit sal snaaks wees om die wêreld se gewildste chatbot te vra om hul koffiekoppies te “lees” – ’n moderne variasie van tasseografie, die kuns om die toekoms uit teeblare of koffiemoer te lees. 

Sy het vir hulle al twee koffie gemaak en toe foto’s van die koffiemoer in hul koppies opgelaai, sodat ChatGPT dit kon interpreteer. Die chatbot het beweer haar man het ’n verhouding met ’n ander vrou – iets wat haar so woedend gemaak het dat sy summier besluit het om te skei, sonder om hom eers te vra of dit waar is.

“Ek het dit afgemaak as onsin,” het die man op die program gesê. “Maar sy het dit ernstig opgeneem. 

LEES OOK: Weird Wide Web – Topsjef eet nie in sy eie restaurant nie!

“Sy het my gevra om te trek, aan ons kinders gesê ons gaan skei en toe kry ek ’n oproep van ’n prokureur. Dis toe dat ek besef het dis nie net ’n fase nie.”

Volgens ChatGPT het die man glo gefantaseer oor ’n geheimsinnige vrou wie se naam met die letter “E” begin, en met wie hy bestem is om ’n verhouding te hê. Om dit alles te kroon het die chatbot ook gesê dat die vrou se koppie aandui haar man is reeds ontrou en dat die geheimsinnige vrou daarop uit is om hul gesin te vernietig.

Nadat hy geweier het om ’n skeiding te aanvaar, het die arme man drie dae later egskeidingsdokumente ontvang. Sy prokureur het egter gesê hulle gaan die egskeiding teenstaan, aangesien bewerings wat deur ’n KI-chatbot gemaak word, geen wetlike gronde het nie.

Blykbaar is die vrou baie vatbaar vir waarsêpraktyke. Die man het vertel dat sy ’n paar jaar gelede by ’n astroloog was en toe heeltemal versot geraak het op astrologie. 

“Dit het ’n hele jaar geneem voordat sy aanvaar het dis nie eg nie,” het hy gesê.

Nadat hierdie bisarre egskeidingsaak in Griekeland viraal gegaan het, het ervare tasseografie-beoefenaars verduidelik dat die kuns om koffiemoer te lees nie net oor die moer gaan nie – kenners kyk ook na die skuim en die piering. ChatGPT, sê hulle, is definitief nie ’n kenner nie.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.