On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Byeboer se “steekoperasie”

───   15:18 Tue, 24 Jun 2025

Weird Wide Web – Byeboer se “steekoperasie” | News Article
’n Gewapende heuningby. Foto ter illustrasie

In ’n verhaal wat meer soos ’n verlore “Mr. Bean-episode” voel, het ’n 70-jarige Spaanse byeboer onlangs besluit wanneer die lewe aan jou bye gee, gebruik jy hulle as ’n wapen .

Volgens ’n verslag van Oddity Central het dié bisarre toneel in die Katalaanse dorp Cervera afgespeel.

Dit het alles op ’n stil Vrydag begin, toe plaaslike verkeersbeamptes ’n wa opgemerk het wat onreëlmatig swaai. Die bestuurder, ’n bejaarde man wat nie sy veiligheidsgordel gedra het nie, is afgetrek. 

Eerder as om ’n verskoning aan te bied, het die 70-jarige na bewering gesê: “Ek moes julle omgery het!”

Dinge het van daar af net slegter gegaan. Omdat die beamptes vermoed het dat die man onder die invloed was, het hulle ’n alkoholasemtoets uitgevoer, wat 0,38 mg/l gemeet het – meer as die wettige limiet en genoeg om ’n tweede toets te regverdig. 

Toe hulle egter ’n opvolgtoets versoek, het die situasie ’n onverwagte, pynvolle wending geneem: die man het sy bye as wapen gebruik.

LEES OOK: Weird Wide Web – Vals psigiater tronk toe ná 20 jaar se misleiding van NHS

Ooggetuieverslae sê die woedende byeboer het na die agterkant van sy wa gestorm, die deure oopgegooi en ’n swerm heuningbye op die niksvermoedende beamptes losgelaat. Die verkeersbeamptes is verskeie kere gesteek, moes op die vlug slaan en het in ’n nabygeleë restaurant gaan skuil.

Intussen het die byeboer kalm en selfvoldaan weggery. Polisielede het hom ingehaal en gearessteer, maar hy is later op borgtog vrygelaat. 

Dit is nog nie duidelik of die bye as medepligtiges aangekla is nie – of net bloot saam met die sonsondergang weggezoem het nie.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.