On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Verhouding of huwelik?

───   15:21 Wed, 02 Jul 2025

Weird Wide Web – Verhouding of huwelik? | News Article

’n Man van Texas het met sy meisie uitgemaak net om uit te vind dat hy wettig met haar getroud is!

Volgens ’n verslag deur OddityCentral.com het ’n bisarre saak uit Texas ’n 42-jarige man verstom, wettig verstrengel en waarskynlik lewenslank afgesweer van geurige kerse.

Die man, wat eerder anoniem wil bly, miskien om hom teen verdere verleentheid te beskerm, was in ’n verhouding met die 36-jarige Kristin Marie Spearman. Dit het gelyk of die huweliksklokke binnekort sou lui en die paartjie het die distrikskantoor besoek om aansoek te doen vir ’n huwelikslisensie.

Let wel: Aansoek doen. Geen huweliksbeloftes is uitgeruil nie, geen rys is gestrooi nie. Doodgewone papierwerk. Of so het hy gedink.

Nie lank daarna nie het die verhouding skipbreuk gely. ’n Paar dae nadat die man die verhouding verbreek het, het hy ’n geskenksak ontvang. 

In die sak was ’n huwelikslisensie, gedateer 13 Junie, met sy naam daarop, en ’n foto van Spearman wat dit vashou asof sy so pas die laaste roos op The Bachelor gekry het.

LEES OOK Weird Wide Web – Dis nooit te laat om te begin nie!

Spearman het na bewering daarin geslaag om ’n plaaslike pastoor te oortuig om die huwelik te sertifiseer – sonder dat die bruidegom teenwoordig was. Sy het toe die papierwerk by die klerk se kantoor ingedien.

Beverly Hills-polisiehoof, Kory Martin, het aan FOX 44 gesê: “Ek dink nie in 23 jaar het ek ooit iemand sien trou sonder om teenwoordig te wees nie. Dit is absurd.”

LEES OOK Weird Wide Web – Byeboer se “steekoperasie”

Spearman is intussen in hegtenis geneem en die man skarrel om die huwelik ongeldig te laat verklaar. 

Lees meer 

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.