On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Lottofout veroorsaak verwarring!

───   15:27 Tue, 08 Jul 2025

Weird Wide Web – Lottofout veroorsaak verwarring! | News Article

47 000 Noorweërs se drome is verpletter toe hulle ’n teksboodskap ontvang het wat vir hulle sê hulle het gewen, net om uit te vind dat dit ’n fout was.

Stel jou voor jy word wakker en vind uit jy het sopas die lotto gewen. 

Nie ’n paar rand nie – ons praat van lewensveranderende kontant. Kry die sjampanje en konfetti.

Volgens engoo.com was dit die goeie nuus – of so het hulle gedink – vir ongeveer 47 000 mense in Noorweë aan die einde van Junie, nadat die staatsbeheerde loterymaatskappy, Norsk Tipping, boerpotkennisgewings uitgestuur het wat sê dat hulle elkeen honderdduisende doller gewen het. 

Een paartjie het begin verloofringe koop. ’n Ander man het geglo hy het meer as $120 000 (ongeveer R2,2 miljoen) gewen. 

Drome het so hoog soos Kersvader se rendiere oor Noorweë gevlieg. Toe … keer hulle met ’n slag terug aarde toe.

Dit was alles ’n reusefout – die gevolg van ’n groot geldeenheidsomskakelingsflater. Die stelsel het per ongeluk die prysbedrae met 100 vermenigvuldig in plaas daarvan om dit te deel. 

Daardie prys van $385 000 (±R7 miljoen)? Dit was eintlik $39 (ongeveer R720). Die man wat gedink het hy het so pas $120 000 gewen? Sy werklike wengeld was $12,50 (ongeveer R230).

Drie dae later het Norsk Tipping die fout erken en formeel om verskoning gevra. Die skade was reeds aangerig. Die maatskappy se hoof- uitvoerende beampte het reeds bedank en al wat vir 47 000 mense oorgebly het, was hul verpletterde drome.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.