On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man vergeet vrou by vulstasie

───   15:15 Mon, 14 Jul 2025

Weird Wide Web – Man vergeet vrou by vulstasie | News Article

Wat gebeur as iemand vergeetagtig en onkundig gelyktydig is?

As jy dink dit is sleg om jou beursie by die vulstasie te vergeet probeer om jou vrou te vergeet. Dit is wat gebeur het met ’n man (62) van Frankryk. Hy het sowat 300 km op die snelweg gery het voordat hy besef het dat hy sy vrou by die vulstasie vergeet het.

Oddity Central berig die man was van Parys na Marokko op pad saam met sy vrou en hul dogter (22). Iewers naby Orléans het hulle by 'n vulstasie gestop en omstreeks 04:30 het hy weer gery. 

Lees ook: Weird Wide Web – Wêreld se smalste motor

Vier uur later het hy paniekerig die Franse nooddienste gebel en erken dat hy absoluut geen idee gehad het waar hy sy vrou laas gesien het nie. Sy dogter was vas aan die slaap op die agtersitplek en kon ook nie sê waar haar ma is nie. 

Die Franse polisie het na haar begin soek en selfs gewonder of hy haar doelbewus vergeet het. Hulle het haar later danksy haar selfoonsein gevind steeds in Deux-Sèvres. Dalk het sy begin wonder of sy moet saam ry of van hom skei. 

Lees ook: Die oomblik is hier: Feesgangers kan Vrystaat Kunste se silwerjubileum begin vier

Nadat hulle bevestig het dat dit hy haar per ongeluk vergeet het, is die gesin herenig. So mense van die Vrystaat as julle op die N1 of N8 reis en by die Shell Ultra City stop gee maar eerder vir ma die motorsleutels om te hou. 

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.