On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Entertainment

Die oomblik is hier: Feesgangers kan Vrystaat Kunste se silwerjubileum begin vier

───   12:30 Mon, 14 Jul 2025

Die oomblik is hier: Feesgangers kan Vrystaat Kunste se silwerjubileum begin vier | News Article
Sommige van die gewildste vertonings is reeds uitverkoop – ander is op die rand, soos “Kry vir jou ’n Tux, Thomas”. Jy kan nog ’n paar kry as jy vinnig spring. Foto: Facebook/Vrystaat Kunstefees

Die oomblik is hier – van feesvreugde én viering, ’n mylpaal wat nie net die kunste eer nie, maar ook ’n hele gemeenskap se energie en ekonomie in beweging bring.

Ná maande se beplanning en kreatiewe voorbereiding is die 25ste Vrystaat Kunstefees – ons silwerjubileum – in volle glorie aan die gebeur. 

Dit is die oomblik waarvoor daar só lank gewag is: Een fees. Baie stories. One festival. Many stories. Mokete o lemong. Lipale tse ngata.

Wanneer die hekke en deure oopmaak, die musiek begin speel en die teaterligte aangaan, klop die hart van die Vrystaat saam op die maat van kuns, kultuur en samesyn.


’n Kultuurslag met Ekonomiese Impak

Hoewel die verhoogvertonings, musiekkonserte en kunsuitstallings die hartklop van die fees vorm, is die ekonomiese syfers net so indrukwekkend:

  • 44 895 kaartjies verkoop

  • 133 000 besoekers verwag oor die hele week

  • R46 miljoen in ekonomiese inspuiting vir die streek

  • 945 kunstenaars betrokke

  • 307 tegnici agter die skerms

  • 500 verkopers wat hul produkte aanbied

  • 3 500 indirekte werkgeleenthede

  • meer as 20 mediavennote

  • 92 106 besoeke aan die feeswebbladsy tydens die week

Volgens Michael Garbett, feesdirekteur, is hierdie mylpaal die begin van nóg groter dinge. “2025 se tendense wys daarop dat ons groei – in belangstelling, betrokkenheid en impak. Die Kunstefees is nie net ’n kulturele baken nie, maar ook ’n kritieke ekonomiese hupstoot vir Bloemfontein en omliggende gebiede.”

’n Fees vir mense, deur mense

Die kern van die Vrystaat Kunstefees bly die mense: kunstenaars, tegnici, entrepreneurs en gehore wat saamkom om iets groter te bou.

“Hierdie 25-jaar mylpaal bevestig dat kuns nie net harte aanraak nie, maar ook gemeenskappe versterk. Ons bou drome, ons bring mense byeen, en ons dryf groei,” beklemtoon Garbett.


Sommige van die gewildste vertonings is reeds uitverkoop – ander is op die rand. Hier is wat jy nog kan vang as jy vinnig spring:

Nog beskikbaar:

  • Karen Zoid

  • Tollie Parton

  • Kry vir jou ’n Tux, Thomas

Reeds uitverkoop:

  • Hans Haas

  • Marion Monroe

  • Magda en haar Erhard: How Louw can you go

Met soveel energie, kreatiwiteit en betrokkenheid is dit duidelik: die 25ste Vrystaat Kunstefees is nie net ’n gebeurtenis nie – dis ’n beweging. En dis net die begin.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.