On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Nieu-Seeland se onlangse ‘cat burglar’ ’n regte kat!

───   16:27 Wed, 30 Jul 2025

Weird Wide Web – Nieu-Seeland se onlangse ‘cat burglar’ ’n regte kat! | News Article
‘Cat burglar’ kry nuwe betekenis.

Ontmoet Leo: Nieu-Seeland se 14-maande-oue ‘cat burglar’ wat harte (en sokkies) steel!

In Auckland, Nieu-Seeland, loop daar 'n kleptomaniak rond op vier pote, met ’n snoet en misdaadrekord wat menige buurman se wenkbroue laat lig.

Leo – of soos hy nou liefs genoem word, “Leonardo da Pinchy” – is ’n 14-maande-oue kat wat al meer as 150 items van bure se wasdrade af gesteel het … binne net nege maande!

Van sokkies en sportbra’s tot splinternuwe All Blacks-truie (etikette en al), Leo het ’n talent om die skoon wasgoed reg uit die son te pluk. Volgens sy eienaar, Helen North, is Sondae sy “hoogseisoen vir misdaad” – natuurlik, want dis wasdag in die buurt.

Lees ook: Weird Wide Web – Rolprentregisseur wil uitgestorwe voël terugbring!

“Hy bring net goed in, los dit op die vloer, en stap aan asof niks gebeur het nie,” sê Helen laggend. Een van sy mees onverklaarbare trofeë? ’n 1.5-meter lange speelgoedslang wat hy TWEE keer huis toe gebring het. “Hy moes daai slang rêrig liefgehad het,” sê sy.

Helen het nou WhatsApp- en Facebook-groepe begin gebruik om die gesteelde goed terug te gee aan hul regmatige eienaars – en ja, sy is al redelik bekend in die area.

Al leef hy die lewe van ’n ‘cat burglar’, Leo is nog steeds net ’n speelse katjie – byt, speel, en maak ’n mens 03:00 in die oggend wakker ... want, wel, katlogika.

Lees meer cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.