On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Bier mag rede wees waarom muskiete jou altyd byt

───   15:15 Thu, 18 Sep 2025

Weird Wide Web – Bier mag rede wees waarom muskiete jou altyd byt | News Article
Foto ter illustrasie

’n Nuwe studie dui daarop dat bier moontlik die rede is waarom muskiete jou meer geneig is om te byt.

As jy al ooit gevoel het dat muskiete jou nie alleen los by ’n braai of musiekfees nie, het wetenskaplikes dalk die antwoord. Navorsers aan die Radboud Universiteit in Nederland het 500 feesgangers bestudeer en bevind dat bierdrinkers 1,35 keer aanlokliker vir muskiete is as diegene wat nie bier gedrink het nie. 

Die toets het behels dat deelnemers hul arms in ’n hok vol van duisende vroulike muskiete geplaas het, veilig geskei sodat hulle nie kon byt nie, terwyl kameras die insekte se gedrag dopgehou het.

Die studie dui ook daarop as jy vergeet van sonskerm kan dit jou selfs aanlokliker maak vir dié gonsende peste. 

Met ander woorde, as jy van partytjies, sonbaai en ’n koue bier hou, is jy dalk ’n eet-soveel-wat-jy-wil-buffet vir hierdie klein bloedsuiers.

So, volgende keer as jy buite saam met vriende is, moenie net die koeler pak nie, maak seker dat die muskietsproei en sonskerm ook naby is.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.