On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Russiese vrou probeer genetika uitoorlê

───   08:00 Wed, 22 Oct 2025

Weird Wide Web – Russiese vrou probeer genetika uitoorlê | News Article
Foto: Pinterest

’n Jong vrou in Rusland het onlangs viraal gegaan nadat sy beweer het sy het haar oogkleur tydens haar swangerskap verander sodat haar baba met blou oë gebore kon word.

Ja, regtig; sy het gedink haar DNA sou sommer self ’n opknappingsessie doen. Vandag se storie gaan dus oor iemand wat die ‘wetenskap’ op TikTok net ’n bietjie te ernstig geneem het.

Nou ja, daar ís wel maniere om jou oogkleur te verander – van laserbehandelings wat pigment verwyder tot korneatattoeëring waar jou oog letterlik getatoeëer word. (Want niks sê “ek’s uniek” soos ’n kunsprojek op jou oogbal nie.)

Maar hierdie Russiese kosmetoloog het besluit om dit te probeer terwyl sy swanger was – met volle oortuiging dat haar baba die nuwe kleur sou erf. En glo dit of nie, die dokter op die podcast het nie eers gelag nie.

Die internet het natuurlik nie gehuiwer om haar terug aarde toe te bring nie. 

Een gebruiker het geskryf: “Ek het laser-haarverwydering gedoen voor ek swanger geraak het, sodat my baba haarloos gebore kan word.” Nog een het bygevoeg: “Ek het Duits geleer voor ek kinders gehad het, sodat hulle dit van geboorte af kan praat.”

Les van die dag? Jy kan dalk jou oogkleur verander – maar nie genetika nie, meisie.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.