Offbeat
Weird Wide Web – Laat musiek kos beter smaak?─── 15:16 Wed, 29 Oct 2025
’n Klankkenner van die Universiteit van Bristol in die Verenigde Koninkryk het saam met Galaxy Chocolate ’n liedjie geskep wat sjokolade eintlik soeter laat smaak. Ja – hulle het dit “The Sweetest Melody” genoem.
Stel jou voor – jy sit met ’n stuk sjokolade en pleks daarvan om skuldgevoelens te hê, is jy besig met wetenskap!
Die klankkenner van Bristol in Engeland het saam met die vervaardigers van Galaxy Chocolate gewerk om die liedjie “The Sweetest Melody” te skep wat die sjokolade se smaak verder verbeter.
Ná 60 jaar se navorsing het hulle vasgestel dat sagte, stadige musiek met hoë note sjokolade se smaak verbeter, terwyl vinnige musiek dit effens bitter laat proe.
Die liedjie is 90 sekondes lank – presies solank as wat dit vat vir sjokolade om op jou tong te smelt. Dit bevat klavierspel om die soet smaak te versterk, strykinstrumente om die sagtheid te verbeter, en harpspel vir daardie “hmmm”-oomblik.
Galaxy sê die liedjie maak van sjokolade ’n “simfonie van die sintuie”. Jy kan dit selfs op YouTube of Spotify luister – maar moenie die wetenskap blameer as jy sommer die hele slab opvreet nie!
