On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Feel Good Friday – Nova Scotia se nuwe plaaslike legendes!

───   15:25 Fri, 07 Nov 2025

Feel Good Friday – Nova Scotia se nuwe plaaslike legendes! | News Article

Drie loodswalvisse het per ongeluk te naby aan die kus geswem en is gestrand toe die gety uitgaan, totdat Mark Rankin en Grant Cameron opgedaag het.

Soms dra helde mantels … en ander kere net hulle onderbroeke! Toe Mark Rankin en Grant Cameron vroeër dié week op ’n strand in Nova Scotia aankom, het hulle glad nie geweet hulle gaan die dag red met drie reuse-pylvisse nie. 

Die diere het te naby aan die kus geswem en vasgeval toe die gety begin sak; tyd was min.

’n Toeskouer het vertel dat die owerhede reeds ontbied is, maar Mark en Grant het besef daar is geen tyd om te talm nie. Hulle het sommer dadelik hul planne vir die dag – en die meeste van hul klere – gelos en in die yskoue water ingeduik om die walvisse te help.

“Ons het tot in ons onderbroeke gestroop en ons bes probeer,” sê Mark laggend aan CTV News. “Die eerste een was maklik, die tweede een het ’n bietjie langer geneem, maar ons het almal weer in die diep water gekry.”

Een vir een is die walvisse terug see toe gelei. Teen die tyd dat die owerhede opgedaag het, was daar niks meer om te doen nie; die twee vriende het reeds hul eie reddingsoperasie voltooi – gewapen met moed, medemenslikheid en ’n goeie dosis koue water.

“Om hulle aan te raak en in hul oë te kyk, dis wat ons aangegryp het,” sê Mark. “Ons moes net help.”

Uiteindelik is drie walvisse gered, twee vriende het helde geword, en ons almal is herinner dat soms, om die regte ding te doen, jy net jou moue moet oprol … of dalk jou broek laat staan!

Lees meer mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.