On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Albanië se nuwe robotminister

───   16:20 Mon, 10 Nov 2025

Weird Wide Web – Albanië se nuwe robotminister | News Article
Albanië se nuwe robotminister. Foto: X

Albanië se stryd teen korrupsie het ’n heel nuwe gesig gekry – en sy is nie eens menslik nie.

Eerste minister Edi Rama het pas ’n virtuele kabinetsminister aangestel, ’n rekenaargegenereerde vrou met die naam Diella met die amptelike taak om korrupsie te beveg. Diella beteken “son” in Albanees, maar die son straal beslis nie uit almal se gesigte nie. 

Sy bestaan uitsluitlik as kunsmatige intelligensie en Rama sê sy gaan sorg dat alle staatskontrakte 100% korrupsievry is.

Korrupsie is al jare lank ’n reuseprobleem in Albanië, wat graag by die Europese Unie wil aansluit. Maar nie almal koop in op die idee van ’n digitale minister nie. 

Party regskenners beweer Diella se aanstelling is ongrondwetlik, terwyl die opposisie sê die eerste minister maak ’n klugspel van die regering.

Diella het vroeër vanjaar as virtuele assistent op Albanië se aanlyn staatsdiensplatform begin werk en het al meer as 36 000 dokumente uitgereik. Lui is sy dus nie.

Op sosiale media het die grappies natuurlik ingestroom. “Selfs Diella sal in Albanië gekorrupteer word!” het iemand geskryf. En nog een: “Die steel sal aangaan, en Diella gaan die skuld kry.”

Die groot vraag bly dus: kan ’n kunsmatige minister regtig korrupsie uitroei, óf gaan sy net soos haar menslike kollegas in die moeilikheid beland?

Lees meer mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.