Offbeat
Weird Wide Web – Troeteldiere keer terug uit hiernamaals─── 15:26 Tue, 11 Nov 2025
Ja, jy lees reg – troeteldierkloning is besig om ’n nuwe gier te word.
Wat soos iets uit ’n wetenskapsfiksiefliek klink, is nou werklikheid. Steeds meer mense spandeer duisende rande om hul geliefde troeteldiere te kloon.
Bekendes soos NFL-ster Tom Brady, sangeres Barbra Streisand en erfgenaam Paris Hilton het al hul honde laat “terugkeer” nadat hulle dood is. Tom se nuwe hond, Junie, is byvoorbeeld ’n kloon van sy vorige pitbull, Luna, wat in 2023 gesterf het. Hy sê hy kon net nie sonder haar spesiale persoonlikheid leef nie.
In Engeland sê Lucy Morgan van Gemini Genetics in Shropshire daar is deesdae ’n groot aanvraag vir troeteldierkloning – veral onder Britte wat nie van afskeid kan neem nie.
Omdat kloning in die EU nie toegelaat word nie, versamel en bêre Gemini Genetics die selle in Brittanje en stuur dit daarna na die VSA, waar die kloning plaasvind.
“As ’n dier gesterf het, of as die einde naby is, kan ’n veearts ’n klein stukkie vel neem. Ons kweek en stoor daardie selle totdat die eienaar besluit wat om te doen,” verduidelik Morgan.
So ja – in 2025 beteken “tot siens” dalk nie meer vir altyd nie … maar jou bankrekening gaan dit beslis voel!
Lees meer mvh
