On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man verander sy naam om kinderonderhoud te vermy

───   15:44 Mon, 17 Nov 2025

Weird Wide Web – Man verander sy naam om kinderonderhoud te vermy | News Article

’n Rus het sy naam gereeld amptelik verander, onder die valse indruk dit sal hom in staat stel om sy kinderonderhoudsverpligtinge te ontduik. Sy plan het nie gewerk nie, want vir die werklike lewe word nie ’n draaiboek geskryf nie.

’n Russiese amptenaar het een van die vreemdste kinderonderhoudsake van sy loopbaan onthul – ’n man wat sy hele identiteit jaarliks verander het om sy verantwoordelikhede te probeer ontduik.

Roman Korenef, hoof van die balju-diens in Tioemen, het aan die nuusplatform 72.RU vertel ’n plaaslike man het elke jaar sy volle naam – voornaam, van én patroniem (gevorm uit die vader se voornaam met ’n agtervoegsel wat “seun van” aandui) – verander in ’n poging om kinderonderhoud te vermy.

Volgens Korenef sou die man vir ’n ruk onder ’n nuwe identiteit leef, dan die volgende jaar weer sy oorspronklike naam aanneem, en die hele proses herhaal – asof sy skuldrekord só uitgewis sou word.

Maar die plan was van meet af gedoem.

“Wanneer mense hul naam verander, meld die registrasiekantoor dit outomaties aan by die balju’s,” verduidelik Korenef. “Daar is dus geen manier om kinderonderhoud op dié manier te ontduik nie.”

En dit is nie eens die vreemdste poging wat hulle al gesien het nie. Korenef sê sommige vaders gaan selfs nóg verder – soos om hul eie dood te versin, of ’n valse DNS-toets te voorsien – alles net om nie vir hul kinders te betaal nie.

 Die Tioemen-balju’s sê sulke vreemde verskonings is niks nuuts nie. In ’n ander geval het ’n man beweer hy ly aan ernstige agorafobie, ’n intense vrees vir situasies waar ontsnapping moeilik kan wees, om die balju’s uit sy huis te hou. Dit het egter geblyk hy besit twee woonstelle – en op een daarvan is reeds beslag gelê om skuld te betaal.

Lees meer cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.