On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Teenverouderingspil beloof 150 jaar

───   15:18 Tue, 18 Nov 2025

Weird Wide Web – Teenverouderingspil beloof 150 jaar | News Article

’n Biotegnologie-maatskappy in Shenzhen beweer hulle het dalk die grootste teenverouderingsdeurbraak nóg: ’n pil wat mense teoreties tot 150 jaar oud kan laat word.

Lonvi Biosciences, wat in langlewendheid en biowetenskap spesialiseer, sê hulle het ’n kapsule ontwikkel wat sogenaamde “zombie-selle” teiken – ou, beskadigde selle wat ophou verdeel, maar steeds inflammasie in die liggaam veroorsaak. Hierdie selle speel glo ’n groot rol in veroudering en ouderdomsverwante siektes.

“Dit is nie net nóg ’n vitamien nie. Dit is die Heilige Graal,” sê uitvoerende hoof Ip Zhu, wat beweer die pil se hoofbestanddeel kan nie net die leeftyd verleng nie, maar die liggaam ook op sellulêre vlak gesonder hou.

Die hoof- tegnologie beampte, Lyu Qinghua, is net so oortuig. In ’n onderhoud met die New York Times sê hy: “Om 150 te word, is beslis realisties. Oor ’n paar jaar gaan dit normaal wees.”

Die pil se basis is procyanidin C1 (PCC1), ’n molekule uit druiwesade. Vorige studies op knaagdiere het gewys dit kan lewens verleng, en Lonvi beweer hul laboratoriummuise het 9,4% langer geleef – en ’n verstommende 64,2% langer vanaf die begin van die behandeling.

LEES OOK: Weird Wide Web – Man verander sy naam om kinderonderhoud te vermy

China se lewensverwagting het in 2024 tot 79 jaar gestyg – reeds hoër as die wêreldgemiddeld – en belangstelling in langlewendheid het sedertdien ontplof. 

Dit is nogal ironies, aangesien teenverouderingsnavorsing onlangs nog as twak afgemaak is nie.

“Niemand in China het vroeër oor langlewendheid gepraat nie – dit was net ryk Amerikaners,” sê Gan Yu, medestigter van Time Pie, ’n maatskappy in Shanghai wat ook langlewendheid bestudeer. “Maar nou is baie Chinese mense geïnteresseerd, en hulle het die geld om hul lewens te verleng.”

Lees meer mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.