On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Lekbare geskenkpapier

───   15:21 Mon, 01 Dec 2025

Weird Wide Web – Lekbare geskenkpapier | News Article
Varkies in komberse

Aldi het amptelik oorlog teen tradisionele geskenkpapier verklaar met die vrystelling van lekbare pigs-in-blankets-geskenkpapier. Ja, heerlike geskenkpapier.

Britte kan nou hul geskenke proe nog vóór hulle dit oopmaak, danksy die supermarkreus se besluit dat die volgende logiese stap vir Kersfees eetbare toeidraaipapier is. Na beraming sal die VK hierdie feestyd 561 miljoen varkies in komberse (pigs in blankets) verorber – sowat tien per persoon.

Geïnspireer deur hul gesogte varkies in komberse, het Aldi pastelpienk geskenkpapier ontwerp wat ruik soos varkies in komberse, lyk soos varkies in komberse, en – glo dit of nie – smaak soos varkies in komberse.

LEES OOK: Feel Good Friday – Bejaarde skilpad vind liefde

Die beste deel? Daar is klein plakkers met “smaakkolle” wat jy kan oplig en lek soos reuse-soutkoeverte.

Die papier is egter nie in winkels beskikbaar nie. Dit is ’n eksklusiewe kompetisiegeskenk. 

Vanaf 24 November kan kopers deelneem deur hul volle naam per e-pos te stuur na wrappingpaper@aldi.co.uk.

Julie Ashfield, Aldi VK se handelshoof, sê die idee vier Brittanje se onwrikbare liefde vir feestelike worsies. “Hierdie unieke, lekbare geskenkpapier is die perfekte manier om ekstra vreugde op Kersdag te versprei.”

Die papier is deels ’n bemarkingsfoefie, deels ’n liefdesbrief aan Aldi se luukse varkies in komberse-reeks – van dubbel toegedraaide lekkertes (£2.49) tot kaasgevulde gunstelinge, en selfs hul uitspattige worskomberse.

Of dit die toekoms van geskenke is of bloot nog ’n teken dat die mensdom beheer verloor het, weet niemand nie. Maar een ding is seker: hierdie Kersfees is dit uiteindelik sosiaal aanvaarbaar om jou geskenke te lek. mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.