Offbeat
Weird Wide Web - Satellietstilte verander Rusland se Porsches in papiergewigte─── 15:43 Wed, 17 Dec 2025
Porsche-voertuie regoor Rusland kan na bewering glad nie ry nie nadat die satellietverbindings aan hul ingeboude opsporingstelsels ontkoppel is, wat tot outomatiese afskakeling van hul enjins gelei het.
Volgens Oddity Central was Porsche-eienaars regoor Rusland onlangs stomgeslaan toe hul luukse voertuie skielik geweier het om aan te skakel. Uit groot stede soos Moskou en Krasnodar is berig motors wat die vorige aand perfek gery het, is die volgende oggend heeltemal geïmmobiliseer gevind. Luukse sportmotors het oornag in onbruikbare pronkstukke verander.
Die geheimsinnige onderbrekings kom nadat die Duitse motorvervaardiger Porsche die Russiese mark amptelik in 2022 verlaat het ná die inval in Oekraïne. Hoewel verkope en amptelike ondersteuning tot 'n einde gekom het, het duisende Porsches regoor die land voortgegaan om te werk - totdat 'n stille tegnologiese ineenstorting hulle tot stilstand gebring het.
Lees ook: Weird Wide Web – Chinese werkers mislei gesigsherkenning om werk te mis!
Rusland se grootste handelaarsgroep, Rolf, is oorval deur oproepe van verwarde bestuurders wie se voertuie óf nie kon aanskakel nadat hulle geparkeer is nie, óf onverwags tydens roetine-take afgeskakel het.
Tegnici het gou die oorsaak geïdentifiseer: Porsche se ingeboude voertuigopsporingstelsel (VTS), 'n satelliet-gekoppelde sekuriteitsstelsel wat ontwerp is om 'n voertuig se ligging te monitor en diefstal te voorkom. Toe die stelsel sy satellietsein verloor het, het dit outomaties die enjin-immobiliseerder geaktiveer, wat krag afgesny het en verhoed het dat die motor kon aanskakel.
Omdat die VTS in feitlik elke Porsche wat na 2013 vervaardig is, geïnstalleer is, is byna alle moderne modelle – insluitend sportnutsvoertuie en sportmotors – geraak. Handelaars het gewaarsku dat enige voertuig wat met die stelsel toegerus is, onbruikbaar gemaak kan word as die satellietverbinding afgeskakel bly.
Die rede vir die seinverlies bly onduidelik. Sommige handelaars meen dit is moontlik per abuis, terwyl ander glo dat die ontwrigting is opsetlik veroorsaakk. Porsche het nie 'n amptelike verduideliking uitgereik nie, en geen kuberkrakerygroep het verantwoordelikheid aanvaar nie.
Lees ook: Weird Wide Web – Namibiese Adolf Hitler wen weer
Sonder 'n duidelike oplossing het eienaars hulle tot nie-amptelike oplossings gewend. Sommige het sukses behaal nadat die VTS-eenheid heeltemal verwyder is, terwyl dit vir ander gewerk het om die battery vir 'n lang tydperk te ontkoppel.
Totdat 'n permanente oplossing gevind word, sit talle luukse motors wat sinoniem is met prestasie en ingenieurspresisie nou bewegingloos regoor Rusland – weereens die bewys van hoe afhanklik moderne voertuie is van onsigbare verbindings ver bo die Aarde.
Lees hier meer cvdw
