On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – China herstel snelweg sonder om verkeer te ontwrig

───   15:29 Thu, 18 Dec 2025

Weird Wide Web – China herstel snelweg sonder om verkeer te ontwrig | News Article
So wikkel die Chinese om 'n pad te herstel. Foto: Facebook

China het pendelaars verstom deur 2.4 km van 'n snelweg in Beijing oornag te herstel sonder om verkeer te ontwrig, en daardeur sy beroemde "China Speed" uitgebeeld het.

Volgens Oddity Central het padwerkers in China onlangs 'n verstommende prestasie oornag behaal deur 'n erg beskadigde stuk pad van 2.4 km lank in Beijing se Vierde Ringpad binne slegs ses uur te herstel.

In die meeste lande sou die heropgradering van 'n groot snelweg dae of selfs weke neem, gewoonlik met baansluitings, ompaaie en massiewe verkeersopeenhopings. In hierdie geval het ingenieurs egter daarin geslaag om die werk te voltooi sonder om verkeersvloei te ontwrig.

Dit het behels dat 'n ongelooflike 8 000 ton asfalt deur die nag op die pad pad gelê is terwyl verkeer steeds normaal beweeg het. Die pad was teen spitstyd die volgende oggend reg vir pendelaars se gebruik. 

Lees ook: Weird Wide Web - Satellietstilte verander Rusland se Porsches in papiergewigte

Die projek is maar net nog 'n voorbeeld van wat bekend geword het as "China Speed", 'n term wat gebruik word om die land se merkwaardig vinnige konstruksie- en infrastruktuurvermoëns te beskryf. Van snelweë tot hoë geboue, China het herhaaldelik sy vermoë gedemonstreer om grootskaalse projekte in rekordtyd te voltooi

Lees hier meer


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.