On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou dagvaar kaalkop eggenoot

───   15:18 Mon, 12 Jan 2026

Weird Wide Web – Vrou dagvaar kaalkop eggenoot | News Article

’n Vrou in Indië het ’n klag by die polisie ingedien omdat sy glo mislei is om in ’n huwelik in te tree, nadat sy ontdek het haar man is kaalkop en sy opvoeding en inkomste verkeerd voorgestel het.

Lavika Gupta van Noida sê sy het geglo sy trou met ’n man met “dik, gesonde hare” – net om ná die huwelik uit te vind hy is kaalkop en dra ’n pruik. Volgens polisiedokumente is Lavika en Sanyam Jain in Januarie 2024 getroud. 

Sy beweer haar man en sy familie het doelbewus verskeie belangrike feite weggesteek, insluitend sy werklike voorkoms, akademiese kwalifikasies en inkomstevlak.

Sy sê sy is meegedeel dat hy ’n universiteitsgraad het en ’n goeie salaris verdien, maar ná die troue het dit aan die lig gekom dat hy slegs matriek geslaag het en baie minder as aangedui verdien. Die hare was egter die finale strooi. 

Lavika sê sy het spesifiek ingestem tot die huwelik omdat sy geglo het haar toekomstige man het “dik hare” – iets wat volgens haar heeltemal verdoesel is. Daarby beweer sy ook dat haar man haar tydens ’n buitelandse reis aangerand het en haar onder druk geplaas het om dagga van Thailand na Indië te smokkel.

Die saak word tans ondersoek – en dit dien net weer as ’n herinnering dat selfs die liefde soms met vals etikette kom.

Lees meer mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.