Offbeat
Weird Wide Web – Kan mense in ruimte voortplant?─── 15:08 Mon, 16 Feb 2026
Wetenskaplikes sê die begrip van menslike voortplanting in die ruimte word dringend namate ruimteagentskappe soos Nasa voorberei vir lang sendings na Mars.
In onlangse internasionale navorsing waarsku kenners vrugbaarheid in die ruimte is nie meer net wetenskapsfiksie nie. Met die mensdom wat voorberei op langer verblyf in die ruimte, het reproduktiewe gesondheid ’n praktiese en dringende saak geword.
Daar is baie min bekend oor hoe gewigloosheid mans en vroue se vrugbaarheid beïnvloed, of hoe embrio’s en babas in die ruimte sou ontwikkel. ’n Groot bekommernis is blootstelling aan bestraling wat moontlik ernstige ontwikkelingsprobleme kan veroorsaak.
Wetenskaplikes is ook bekommerd kinders wat in die ruimte gebore word, sal later sukkel om by die aarde se swaartekrag aan te pas.
Lees ook: Weird Wide Web – KI maak dorpie beroemd
Dr. Fathi Karouia, ’n Nasa-navorsingswetenskaplike, sê reproduktiewe gesondheid kan nie langer geïgnoreer word nie. Hy beklemtoon internasionale samewerking is nodig om die probleem op te los.
Ná meer as 65 jaar wat ruimtereise onderneem word, is voortplanting buite die aarde nog nie behoorlik nagevors nie. Korter reise het tot dusver nie ’n invloed op manlike vrugbaarheid getoon nie. Langer reise hou egter ’n groter gevaar in weens baie hoër vlakke van bestraling vir langer tydperke.
Lees meer dg

