On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kamele uit skoonheidskompetisie ‘geskop’

───   15:28 Mon, 09 Mar 2026

Weird Wide Web – Kamele uit skoonheidskompetisie ‘geskop’  | News Article
Botox kan baie gevaarlik vir diere wees.

Skoonheidskompetisies vir kamele is gewild in sekere dele in die Midde-Ooste en is baie winsgewend.

By die Camel Beauty Show Festival in Oman is 20 kamele gediskwalifiseer. Veeartse wat hulle ondersoek het, het bevind hulle het kosmetiese prosedures ondergaan.

Van die kamele het botoxinspuitings ontvang, terwyl ander tekens van lipvullers, veranderinge aan die neus, en selfs kunsmatige opblasing van die bult op hul rug gehad het. Daar word ook vermoed van hulle het inspuitings gekry om spierdefinisie te verbeter.

Die skoonheidskompetisies is ’n belangrike deel van Arabiese tradisie. Eienaars bring hul beste kamele om beoordelaars te beïndruk met eienskappe soos ’n blink pels, lang elegante nekke, vol lippe, dik wimpers en sterk bulte. 

Lees ook: Weird Wide Web - Japannese wetenskaplikes skep 'n ui wat jou nie laat huil nie

Vir eeue het telers staatgemaak op goeie versorging en selektiewe teelprogramme om hierdie eienskappe te verbeter. Die afgelope paar jaar word kosmetiese prosedures gebruik omdat daar baie geld op die spel is.

Veeartse waarsku hierdie prosedures kan gevaarlik vir kamele wees. Vullers kan chroniese inflammasie veroorsaak, hormooninspuitings vrugbaarheidsprobleme en botox kan selfs inmeng met hul manier van eet en drink.

Dit is egter nie die eerste keer dat kamele verloor voor hulle nog ’n kans kon kry om te wen nie.  Raar maar waar! Daar is regtig ’n plek in die wêreld waar kamele uit ’n skoonheidskompetisie geskop word … omdat hulle te veel botox “gebruik”.

Lees meer dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.