On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: ’n Wêreldrekord vir Nigerië se Favour Ogechi Ani

───   16:19 Mon, 23 Mar 2026

Weird Wide Web: ’n Wêreldrekord vir Nigerië se Favour Ogechi Ani | News Article

Favour Ogechi Ani het die Guinness-wêreldrekord gebreek deur 70 dae lank hardop tot by 1 070 000 te tel.

Van Oktober 2025 het die Nigeriese vrou die grootste tel-uitdaging aangepak: tel hardop tot 1,070,000. Sy het vir 70 dae aanmekaar in haar huis getel om die rekordop te stel.

Sy het tot 14 uur per dag getel sonder ophou, totdat sy by die laaste syfer gekom het. Dis die soort uitdaging wat enigiemand een of ander tyd gek kan maak, maar Favour is gedryf deur pure passie, en dalk ’n bietjie obsessie.

“Eerlikwaar, dit was moeilik, maar my passie vir tel het my aan die gang gehou,” het sy gesê. “Ek het ’n wonderlike span gehad wat my ondersteun en aangemoedig het, en dit was lekker ondanks die uitdagings. My vasberadenheid om hierdie projek te voltooi was soos ’n ‘burn-the-boats’-missie. Ek het nooit daaraan gedink om op te gee nie.”

Lees ook: Weird Wide Web: 15-jarige in die moeilikheid, alles in die naam van liefde

Favour Ogechi Ani tydens haar rekordpoging.

Sy het haar telmarathon op YouTube regstreeks uitgesaai, sodat die wêreld kon sien hoe sy getel het. Dit het die perfekte bevestiging vir haar Guinness-rekordpoging gegee. 

Haar rekord het ’n 18-jaaroue rekord van 1,000,000 oortref. Maar Favour het nie daar gestop nie – sy het voortgetel tot by 1,070,000.

“Die laaste dag van my tel was emosioneel,” het Favour gesê. “Om daardie laaste syfer te sê was ’n mengsel van verligting en vreugde op terseldertyd. Dit was ’n ongelooflike gevoel om te weet ek het iets besonder bereik.”

 So, die volgende keer as jy skaap tel om aan die slaap te raak… onthou net: iemand het meer as ’n miljoen syfers getel sonder om ’n uiltjie te knip!

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.